Wetgewing nie genoeg om kinders te beskerm nie

Die Namibiese Kinderadvokaat Ingrid Husselmann sê dit is onvoldoende om ‘n goeie regsraamwerk vir kinderbeskerming te hê en meer moet plaaslik gedoen word om dit te implementeer en kinders te beskerm. Volgens Husselmann word Namibiese kinders op ‘n jong ouderdom in die werk gesteek en terwyl daar genoegsame wette is wat kinders hiervan beskerm. In haar mening moet kinders ook opgevoed word in terme van hulle regte en lede van die publiek moet owerhede bystaan om sake aan te meld. In Namibië is daar gereeld gevalle van mensehandel wat aangemeld word en die meerderheid het te doen met kinderarbeid.