Pfizer entstof minder effektief teen SA-variant

Nuusagentskappe berig dat die Suid-Afrikaanse variant van Covid deur die beskerming wat die Pfizer-entstof teen die virus bied, kan breek. ‘n Studie is in Israel uitgevoer op 400 pasiënte wat Covid opgedoen het na hulle ingeënt is met die Pfizer entstof. Intussen het Britse wetenskaplike die week ‘n nuwe proef van stapel gestuur waar pasiënte wat reeds Covid opgedoen het weer aan die virus blootgestel is om waar te neem hoe hulle immuunstelsels reageer.