Noa sal in Mei aansoek doen om borg

Die borgverhoor van Dennis Noa, die leerlingdokter wat op klagte van sodomie in hegtenis geneem is, sal op 14 Mei in die Katutura Landdroshof aangehoor word. Luidens die jongste berigte is daar nuwe verwikkelinge in die saak en die Staat het aangedui dat ‘n ondersoek eers voltooi moet word. Noa se regsverteenwoordigers stem saam. Indien die ondersoek vroeër afgehandel is dal die partye die hof nader vir ‘n vervroegde borgaansoek. Noa is verlede week in hegtenis geneem. Hy word daarvan verdink dat hy ‘n manlike pasiënt verkrag het. Die man word in die Katutura hospitaal behandel vir breinbeserings wat tydens Maart in ‘n motorongeluk opgedoen het.