Bedrieër in hof aan die kus

‘n 36-jarige man is in Walvisbaai in hegtenis geneem op klagte van afpersing en homself onwettig voordoen as ‘n polisiebeampte. Luidens berigte het die verdagte tussen Maart en April vanjaar Angolese burgers met deportasie gedreig. Die mans het volgens die polisie lugtyd op die straat verkoop en die verdagte het geld en lugtyd by hulle geëis om hulle nie te deporteer nie. Die polisie sê hy het meer as 65 000 doller so uit hulle gemaak.