Volledige inligting oor BBP-man en fietsongeluk

Meer inligting is bekend oor die noodlottige ongeluk op die Westelike Verbypad naby Katutura. Die ongeluk het net na 12-uur gisteroggend plaasgevind toe ‘n lid van die BBP Direktoraat, wat op pad was om aan te sluit by die motorkade van die president, het ‘n voetganger getref. Die voetganger is oorlede op die toneel en die motorfietsryer is beseer en word op die oomblik in ‘n plaaslike hospitaal behandel. Inspekteur Elifas Kuwinga, ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, het die besonderhede so deurgegee aan Kosmos 94.1 Nuus.