Cheetahs maak vir eers slaggate toe

Cheetahs-rugbyspelers het hulle moordende oefen-skedule ‘n bietjie opsy geskuif om deel te neem aan die Cheetahs vir Verandering-skoonmaakveldtog wat Hoofafrigter Hawies Fourie van stapel gestuur het. Die spelers het by AfriForum aangesluit om slaggate in Mangaung in die Vrystaat te vul en het 550 kilogram teer gebruik om paaie in Gardenia-park te herstel. Hulle het ook die strate rondom die Vrystaat-stadion skoongemaak en herstel. Fourie sê dit is ‘n uitstekende manier om ‘n stad se burgerlike spangees te bou.