Herwinbare energie hoog op Namibië se prioriteitslys
‘n Namibiese energiekenner het gereageer op die Internasionale Energie-agentskap wat sê belegging in hernubare energie moet teen die einde van die dekade verdriedubbel om die wisselvallige energiemarkte bestendig te hou. In die Wêreld-energie-vooruitskouing word beweer die wêreld doen nie genoeg om aan toekomstige energiebehoeftes te voldoen en ook klimaatsverandering doeltreffend te beveg nie. Die agentskap […]
Man by Lebombo-grenspos met perlemoen vasgetrek
‘n Verdagte sal na verwagting môre in die Komatipoort landdroshof verskyn vir die besit van onwettige perlemoen van een miljoen rand. Beamptes het gister by die Lebombo-grenspos daarop beslag gelê. ‘n Polisiewoordvoerder sê die 39-jarige verdagte was met ‘n minibus en sleepwaentjie van Mosambiek af op pad na Johannesburg. Die voertuig is deursoek en 21 bokse met gedroogde […]
SA nasionale ramptoestand met nog ‘n maand verleng
Die Suid-Afrikaanse regering het die nasionale ramptoestand met nog ‘n maand verleng. Die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het die verlenging tot 15 November in die Staatskoerant gepubliseer en gesê die besluit is geneem na oorlegpleging met verskeie rolspelers. Sy sê die regering neem in ag dat alle nie-farmaseutiese ingrypings teen die Covid-pandemie gemonitor moet […]
Kabinetsbesluite bekend gemaak
Die Padveiligheidsbestuur-wetsontwerp wat deur die Namibiese vervoerminister ingedien is, is deur die kabinet goedgekeur en sal nou aan die kabinetskomitee vir wetgewing voorgelê word voor dit in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Dit is een van die kabinetsbesluite wat geneem is. Die jaarverslag van die Volhoubare Ontwikkelingsraad, asook van die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, sal ook in die NV ter tafel […]
Waglys van meer as 7 000 pasiënte vir operasies in Gauteng
Die DA in Gauteng sê daar is ‘n ellelange waglys van 7 288 pasiënte vir operasies in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal, insluitend 1 771 mense wat vyf-en-‘n-half-jaar moet wag vir heup- en knie-operasies. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het die inligting in die wetgewer bekend gemaak na aanleiding van ‘n vraag van die DA. […]
SA landboubedryf is hoeksteun van herstelplan
Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê die landboubedryf is ‘n hoeksteen van die regering se herstelplan en daarom onderneem die regering om ten volle met die bedryf saam te werk. Hy het gepraat tydens Agri SA se jaarlikse kongres. Gordhan sê dit is bemoedigend om te sien hoeveel klein en medium ondernemings […]
IRDNC veroordeel vergiftiging van wilde diere
John Kasaona, direkteur van die Namibiese omgewingsorganisasie, Integrated Rural Development and Nature Conservation, het gereageer op die onlangse vergiftiging van vier leeus en twee hiënas in die bewaringsgebiede van Omatendeka and Ehi-Rovi-puka in die Kunene-streek. Hy sê talle wilde diere is die afgelope tien jaar vergiftig en hy vergelyk dit met volksmoord. Twee mans is […]
Man nóg tien jaar tronk toe na hy medegevangene verkrag
‘n Dertig-jarige man is in die landdroshof in Kimberley tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy ‘n medegevangene verkrag het. ‘n Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê Aaron Moduone, wat ‘n verkragtingsvonnis uitdien wat in 2009 opgelê is, het die 25-jarige gevangene in ‘n stoorkamer by die Kimberley Korrektiewe Sentrum gedreig en verkrag.
Voëlgriep breek vermoedelik uit aan Weskus en Walker Bay
Wes-Kaapse owerhede reageer op voëlgriep wat vermoedelik onder wilde seevoëls aan die Weskus in die Bergrivier-munisipaliteit uitgebreek het, asook by Walker Bay in die Overberg. Beamptes van dié munisipaliteite en CapeNature is ontplooi om die dooie en siek voëls te versamel. Die minister van omgewingsake, Anton Bredell, waarsku die publiek om die gebiede te vermy […]
Vyf Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld
Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in drie distrikte, Grootfontein, Oshakati en Keetmanshoop, aangemeld, asook 27 nuwe Covid-gevalle uit 2 111 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,3 persent verteenwoordig. In die groep is agt leerders en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 870 aktiewe gevalle, waarvan 55 pasiënte in hospitale is en vyf in intensiewesorgeenhede. […]