Man nóg tien jaar tronk toe na hy medegevangene verkrag

‘n Dertig-jarige man is in die landdroshof in Kimberley tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy ‘n medegevangene verkrag het. ‘n Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê Aaron Moduone, wat ‘n verkragtingsvonnis uitdien wat in 2009 opgelê is, het die 25-jarige gevangene in ‘n stoorkamer by die Kimberley Korrektiewe Sentrum gedreig en verkrag.