Kabinetsbesluite bekend gemaak

Die Padveiligheidsbestuur-wetsontwerp wat deur die Namibiese vervoerminister ingedien is, is deur die kabinet goedgekeur en sal nou aan die kabinetskomitee vir wetgewing voorgelê word voor dit in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Dit is een van die kabinetsbesluite wat geneem is. Die jaarverslag van die Volhoubare Ontwikkelingsraad, asook van die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, sal ook in die NV ter tafel gelê word.