Man by Lebombo-grenspos met perlemoen vasgetrek

‘n Verdagte sal na verwagting môre in die Komatipoort landdroshof verskyn vir die besit van onwettige perlemoen van een miljoen rand. Beamptes het gister by die Lebombo-grenspos daarop beslag gelê. ‘n Polisiewoordvoerder sê die 39-jarige verdagte was met ‘n minibus en sleepwaentjie van Mosambiek af op pad na Johannesburg. Die voertuig is deursoek en 21 bokse met gedroogde perlemoen ontdek. Die Valke is na die toneel ontbied en het die verdagte aangekla van die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.