Herwinbare energie hoog op Namibië se prioriteitslys

‘n Namibiese energiekenner het gereageer op die Internasionale Energie-agentskap wat sê belegging in hernubare energie moet teen die einde van die dekade verdriedubbel om die wisselvallige energiemarkte bestendig te hou. In die Wêreld-energie-vooruitskouing word beweer die wêreld doen nie genoeg om aan toekomstige energiebehoeftes te voldoen en ook klimaatsverandering doeltreffend te beveg nie. Die agentskap sê daar is steeds ‘n tekort aan vereistes vir die stygende vraag na energiedienste en hernubare energie. Nico Snyders, die adjunkdirekteur vir energie, verantwoordelik vir herwinbare energie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus klimaatsverandering vereis beleggings in herwinbare energie.

Snyders sê herwinbare energie is hoog op die prioriteitslys vir Namibië.