Waglys van meer as 7 000 pasiënte vir operasies in Gauteng

Die DA in Gauteng sê daar is ‘n ellelange waglys van 7 288 pasiënte vir operasies in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal, insluitend 1 771 mense wat vyf-en-‘n-half-jaar moet wag vir heup- en knie-operasies. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het die inligting in die wetgewer bekend gemaak na aanleiding van ‘n vraag van die DA. Jack Bloom van die party skryf dit toe aan die groot getal pasiënte, en ontwrigting weens Covid-19-gevalle.