Vyf Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in drie distrikte, Grootfontein, Oshakati en Keetmanshoop, aangemeld, asook 27 nuwe Covid-gevalle uit 2 111 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,3 persent verteenwoordig. In die groep is agt leerders en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 870 aktiewe gevalle, waarvan 55 pasiënte in hospitale is en vyf in intensiewesorgeenhede. Altesaam 216 124 mense is ten volle ingeënt. Die adjunkgesondheidsminister, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste syfers.