Voëlgriep breek vermoedelik uit aan Weskus en Walker Bay

Wes-Kaapse owerhede reageer op voëlgriep wat vermoedelik onder wilde seevoëls aan die Weskus in die Bergrivier-munisipaliteit uitgebreek het, asook by Walker Bay in die Overberg. Beamptes van dié munisipaliteite en CapeNature is ontplooi om die dooie en siek voëls te versamel. Die minister van omgewingsake, Anton Bredell, waarsku die publiek om die gebiede te vermy en nie aan die voëls te raak nie. Sy woordvoerder, James Brent-Styan …