IRDNC veroordeel vergiftiging van wilde diere

John Kasaona, direkteur van die Namibiese omgewingsorganisasie, Integrated Rural Development and Nature Conservation, het gereageer op die onlangse vergiftiging van vier leeus en twee hiënas in die bewaringsgebiede van Omatendeka and Ehi-Rovi-puka in die Kunene-streek. Hy sê talle wilde diere is die afgelope tien jaar vergiftig en hy vergelyk dit met volksmoord. Twee mans is in dié verband in hegtenis geneem. Kasaona sê aan Kosmos 94.1 Nuus gemeenskappe moenie die wet in eie hande neem nie.