SA nasionale ramptoestand met nog ‘n maand verleng

Die Suid-Afrikaanse regering het die nasionale ramptoestand met nog ‘n maand verleng. Die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het die verlenging tot 15 November in die Staatskoerant gepubliseer en gesê die besluit is geneem na oorlegpleging met verskeie rolspelers. Sy sê die regering neem in ag dat alle nie-farmaseutiese ingrypings teen die Covid-pandemie gemonitor moet word. Dit wil ook inentings verhoog om die virus se uitwerking te bekamp. Die huidige ramptoestand is verlede jaar op 15 Maart die eerste keer afgekondig.