Navorsers waarsku oor Zika-virus

‘n Nuwe uitbreking van die Zika-virus is moontlik, waarsku navorsers, en as die virus muteer, kan dit tot grootskaalse verspreiding lei. Dié virus, wat tot mikrokefalie in pasgeborenes kan lei, kan ook hartprobleme en onvrugbaarheid veroorsaak. ‘n Uitbreking in 2015 het daartoe gelei dat die virus in meer as 30 lande aan mikrokefalie gekoppel is […]

Read More

Ramptoestand sal nog afgekondig word vir KZN

President Cyril Ramaphosa sê die regering is besig met die proses om ‘n ramptoestand in KwaZulu-Natal af te kondig. Die verwoestende oorstromings het meer as 300 lewens geëis. Die president het die provinsie gister besoek om steun te bied aan gemeenskappe wat geraak is, en die reaksie van die regering en die burgerlike gemeenskap waar […]

Read More

Geskil oor Unesco-vergadering in Rusland

‘n Geskil het ontstaan by die Verenigde Nasies se kultuuragentskap, Unesco, oor Rusland se aanbieding van sy Wêreld-erfeniskomitee-vergadering, oor net twee maande. Westerse nasies sê hulle sal die byeenkoms boikot oor die inval in Oekraïne. Rusland sal die jaarlikse vergadering van 19 tot 30 Junie aanbied. Die vergadering besluit elke jaar watter persele en gedenktekens […]

Read More

‘Wees geduldig met grondkwessie’

‘n Voormalige lid van die grondkonferensie-komitee het gereageer op beskuldigings dat die Namibiese regering sy voete sleep met die implementering van die resolusies wat by die tweede grondkonferensie plaasgevind het. Volgens berigte is net 25 van die 175 resolusies tot dusver in werking gestel. Dit is deur die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa Amadhila bekend […]

Read More

Tesourie sal KwaZulu-Natal help met herstel ná vloedskade

Die KwaZulu-Natalse LUR vir finansies, Nomusa Dube-Ncube, sê geld is beskikbaar om die provinsie te help om ná die rampspoedige vloede te herstel. Sy het dit in Pinetown aan verslaggewers onthul, waar President Cyril Ramaphosa vloedgeteisterde gebiede besoek het. Dube-Ncube sê die Tesourie het reeds toestemming gegee en wag net vir die omvang van die […]

Read More

Wes-Kaap op gereedheidsgrondslag vir bek-en-klouseer

Wes-Kaapse owerhede is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om te verseker dat die uitbreking van die hoogs-aansteeklike bek-en-klouseer nie die provinsie bereik nie. Uitbrekings is reeds aangeteken in kuddebeeste in KwaZulu-Natal, Noordwes, Limpopo, Gauteng en die Vrystaat. Die Wes-Kaapse landboudepartement het dié week boere gevra om nie vee van boere in geraakte gebiede aan te […]

Read More

Afrigter vra verskoning oor hy sê vrouspelers is meer emosioneel

Sokker: Die hoof van die Noord-Ierlandse vrouespan, Kenny Shiels, het verskoning gevra nadat hy onder skoot gekom het vir sy uitlating dat vroulike sokkerspelers meer emosioneel is as mans. Hy het die opmerking gemaak nadat sy span vier doele in 27 minute afgestaan het in gister se 5-0 Wêreldbeker kwalifiserende wedstrydnederlaag teen Engeland. Hy sê in die vrouespel, wanneer ‘n […]

Read More

Bewyse van oorlogsmisdaad in Oekraïne gevind

‘n Groep kenners van die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa het bewyse gevind van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom deur Rusland in die Oekraïne, wys ‘n voorlopige verslag. Ten spyte van Rusland se ontkenning, sê die verslag Rusland was verantwoordelik vir die aanval op die kraam- en kinderhospitaal in Mariupol en dit was ‘n oorlogsmisdaad. Die […]

Read More

Bosboudirekteur sê ondersoek na oorsprong van hout volg

Die direkteur van bosbou in die Namibiese omgewingsministerie, Johnson Ndokosho, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig daar is oor die naweek beslag gelê op ‘n vragmotor met onverwerkte hout. Die vrag was bestem vir Suid-Afrika. Volgens die ministerie is beslag op 1 500 planke en die vragmotor gelê. Daar is sedert 2018 ‘n moratorium op […]

Read More

DA sê binnelandse sake is verrot

Die DA het ‘n beroep op die departement van binnelandse sake gedoen om aandag te gee aan die mislukkings en ondoeltreffendheid wat die oppergesag van die reg in Suid-Afrika vernietig. Die party se leier, John Steenhuisen, het tydens ‘n oorsigbesoek aan die kantoor van binnelandse sake in Johannesburg gesê die biometriese stelsels is sedert Januarie […]

Read More