Navorsers waarsku oor Zika-virus

‘n Nuwe uitbreking van die Zika-virus is moontlik, waarsku navorsers, en as die virus muteer, kan dit tot grootskaalse verspreiding lei. Dié virus, wat tot mikrokefalie in pasgeborenes kan lei, kan ook hartprobleme en onvrugbaarheid veroorsaak. ‘n Uitbreking in 2015 het daartoe gelei dat die virus in meer as 30 lande aan mikrokefalie gekoppel is en sewe jaar later is die virus nou in 86 lande, insluitend die Verenigde State van Amerika.