‘Wees geduldig met grondkwessie’

‘n Voormalige lid van die grondkonferensie-komitee het gereageer op beskuldigings dat die Namibiese regering sy voete sleep met die implementering van die resolusies wat by die tweede grondkonferensie plaasgevind het. Volgens berigte is net 25 van die 175 resolusies tot dusver in werking gestel. Dit is deur die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa Amadhila bekend gemaak. Sy sê daar word op 133 resolusies gewerk en die res was reeds geïmplementeer. Voorvaderlike regte, die onteiening van kommersiële landbougrond, die huidige model van vrywillige verkoper – vrywilliger koper is van die kwessies, so ook die rooilyn en stedelike grond-hervorming. Ryno van der Merwe het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie tipe kwessies soms tyd neem …