Bewyse van oorlogsmisdaad in Oekraïne gevind

‘n Groep kenners van die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa het bewyse gevind van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom deur Rusland in die Oekraïne, wys ‘n voorlopige verslag. Ten spyte van Rusland se ontkenning, sê die verslag Rusland was verantwoordelik vir die aanval op die kraam- en kinderhospitaal in Mariupol en dit was ‘n oorlogsmisdaad. Die aanval op Mariupol se dramateater op 16 Maart waar 300 mense dood is, is ook ‘n oorlogsmisdaad, volgens die verslag.