Ramptoestand sal nog afgekondig word vir KZN

President Cyril Ramaphosa sê die regering is besig met die proses om ‘n ramptoestand in KwaZulu-Natal af te kondig. Die verwoestende oorstromings het meer as 300 lewens geëis. Die president het die provinsie gister besoek om steun te bied aan gemeenskappe wat geraak is, en die reaksie van die regering en die burgerlike gemeenskap waar te neem. Ramaphosa sê hy het die minister van finansies gevra om geld beskikbaar te probeer stel: