Bosboudirekteur sê ondersoek na oorsprong van hout volg

Die direkteur van bosbou in die Namibiese omgewingsministerie, Johnson Ndokosho, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig daar is oor die naweek beslag gelê op ‘n vragmotor met onverwerkte hout. Die vrag was bestem vir Suid-Afrika. Volgens die ministerie is beslag op 1 500 planke en die vragmotor gelê. Daar is sedert 2018 ‘n moratorium op die kap, vervoer en uitvoer van hout as gevolg van oorbenutting van die bron, veral in die verre noordooste van die land. Ndokosho sê die ondersoek na die oorsprong van die hout duur voort.