Wes-Kaap op gereedheidsgrondslag vir bek-en-klouseer

Wes-Kaapse owerhede is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om te verseker dat die uitbreking van die hoogs-aansteeklike bek-en-klouseer nie die provinsie bereik nie. Uitbrekings is reeds aangeteken in kuddebeeste in KwaZulu-Natal, Noordwes, Limpopo, Gauteng en die Vrystaat. Die Wes-Kaapse landboudepartement het dié week boere gevra om nie vee van boere in geraakte gebiede aan te koop nie. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad …