DA sê binnelandse sake is verrot

Die DA het ‘n beroep op die departement van binnelandse sake gedoen om aandag te gee aan die mislukkings en ondoeltreffendheid wat die oppergesag van die reg in Suid-Afrika vernietig. Die party se leier, John Steenhuisen, het tydens ‘n oorsigbesoek aan die kantoor van binnelandse sake in Johannesburg gesê die biometriese stelsels is sedert Januarie buite werking. Hy voeg by die ANC is die hoofoorsaak van die land se uitdagings.