Afrigter vra verskoning oor hy sê vrouspelers is meer emosioneel

Sokker: Die hoof van die Noord-Ierlandse vrouespan, Kenny Shiels, het verskoning gevra nadat hy onder skoot gekom het vir sy uitlating dat vroulike sokkerspelers meer emosioneel is as mans. Hy het die opmerking gemaak nadat sy span vier doele in 27 minute afgestaan het in gister se 5-0 Wêreldbeker kwalifiserende wedstrydnederlaag teen Engeland. Hy sê in die vrouespel, wanneer ‘n span ‘n doel afstaan, staan hulle kort daarna nog een af. Volgens Shiels gebeur dit omdat meisies en vroue meer emosioneel is en nie goed reageer wanneer hulle ‘n doel afstaan nie.