Eskom het strategiese plan vir Paasnaweek

Eskom sê hy het ‘n strategiese plan in werking gestel vir die Paasnaweek sodat sy tegnici kan voortgaan om die kragreserwes aan te vul. Eskom se projekdirekteur, Philip Dukashe, het die media op hoogte gebring van die beurtkragsituasie. Hy sê die kragvoorsiener wil die onderskeie krageenhede herstel om te verhoed dat beurtkrag volgende week voorkom. […]

Read More

SA het na Paasnaweek dalk weer beurtkrag

Suid-Afrika kan volgende week van Dinsdag af met nog beurtkrag te doen kry. Eskom se hoofbestuurder André de Ruyter het aan die media gesê die kragverskaffer het tans 6 042 megawatt wat aan beplande onderhoud onderwerp word, terwyl nog 14 471 megawatt se vermoë weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar is nie. De Ruyter sê die […]

Read More

Gratis PCR-toetse nie meer beskikbaar vir SAOG-studente

Die Namibiese gesondheidsministerie sal voortaan nie meer gratis Covid-19 PCR-toetse aan studente in die SAOG-streek verskaf nie, en ook nie vir staatsamptenare nie. Walters Kamaya, woordvoerder by die ministerie sê mense kan met ‘n inentingsertifikaat vrylik deur die streek beweeg.

Read More

Ramaphosa vra alle geloofgroepe om vir KwaZulu-Natal te bid

President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op alle geloofsgroepe om in gebed uit te reik en materiële hulp te verskaf aan gemeenskappe in KwaZulu-Natal wat geraak word deur die verwoestende oorstromings. Die president sê in ‘n verklaring die land word geseën deur die sameloop van Pase, die Moslem heilige maand Ramadan en die Joodse Pasga. Hy sê […]

Read More

Binnelandse sake registreer 96 139 geboortes in 2021-22-boekjaar

Altesaam 96 139 geboortes is by die Namibiese ministerie van binnelandse sake in die 2021-22-boekjaar geregistreer teenoor die 84 863 die vorige jaar, het die minister dr. Albert Kawana, tydens sy motiveringstoespraak vir sy begroting gesê. In dieselfde tydperk is 17 353 sterftes aangemeld teenoor die 19 932 die vorige jaar. 

Read More

China verdedig sy standpunt oor konflik in Oekraïne

China het sy standpunt oor die konflik in Oekraïne verdedig as een wat aan die regte kant van die geskiedenis is. Dit volg op ‘n waarskuwing deur Amerika dat Beijing se onwilligheid om sanksies teen Rusland in te stel, sy verhouding met ander ekonomieë kan raak. Beijing trap diplomaties fyn tussen steun vir sy nabye vennoot en […]

Read More

Elon Musk wil die hele Twitter besit

Die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr Elon Musk wil die hele Twitter besit. Hy het aangebied om die maatskappy vir 600 miljard Namibiese dollar te koop, dae nadat hy ‘n plek op die sosiale media-maatskappy se raad van die hand gewys het. Musk het aan die voorsitter van Twitter, Bret Taylor, geskryf en gesê vandat hy daarin belê het, het hy besef die maatskappy sal in sy […]

Read More

Siamese tweeling van Limpopo sterf

Die een week-oue Siamese tweeling van Limpopo is vanoggend in die vroeë oggendure dood. Die LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, het die aankondiging gedoen en haar meegevoel teenoor die gemeenskap en die gesin uitgespreek. ‘n Vrou het ‘n week gelede by die Jane Furse-hospitaal in die Sekhukhune-distrik aan die tweeling geboorte gegee. Die 41-jarige ma was nie bewus dat […]

Read More

Sakeredding Taakmag gee voorstelle aan Geingob

Die Sakeredding Taakmaag wat deur President Hage Geingob saamgestel is het vanoggend met hom vergader om hul voorstelle vir sakeredding aan hom te oorhandig. Die taakmag met baie besigheidservaring het 11 lede en is verlede jaar op 1 Julie aangestel vir ‘n periode van agt maande… Die voorsitter, Thinus Prinsloo, sê beleggings en entrepreneurskap is […]

Read More

PDM se boeke krap lede om

Sommige senior lede van die Popular Democratic Movement is nie gelukkig met hoe die party se finansies hanteer word nie, en vereis antwoorde. Hulle meen hulle is te lank in die duister oor die party se geldsake gehou. Die party se tesourier-generaal Nico Smit ontken al die aantygings en sê die party is een van […]

Read More