Eskom het strategiese plan vir Paasnaweek

Eskom sê hy het ‘n strategiese plan in werking gestel vir die Paasnaweek sodat sy tegnici kan voortgaan om die kragreserwes aan te vul. Eskom se projekdirekteur, Philip Dukashe, het die media op hoogte gebring van die beurtkragsituasie. Hy sê die kragvoorsiener wil die onderskeie krageenhede herstel om te verhoed dat beurtkrag volgende week voorkom. Dukashe sê meer as negeduisend eenhede is in gedrang.