Binnelandse sake registreer 96 139 geboortes in 2021-22-boekjaar

Altesaam 96 139 geboortes is by die Namibiese ministerie van binnelandse sake in die 2021-22-boekjaar geregistreer teenoor die 84 863 die vorige jaar, het die minister dr. Albert Kawana, tydens sy motiveringstoespraak vir sy begroting gesê. In dieselfde tydperk is 17 353 sterftes aangemeld teenoor die 19 932 die vorige jaar.