PDM se boeke krap lede om

Sommige senior lede van die Popular Democratic Movement is nie gelukkig met hoe die party se finansies hanteer word nie, en vereis antwoorde. Hulle meen hulle is te lank in die duister oor die party se geldsake gehou. Die party se tesourier-generaal Nico Smit ontken al die aantygings en sê die party is een van twee wat geoudit is. Smit sê hy is verras deur die beweringe.

Smit het ook bevestig dat hul leier McHenry Venaani nie salaris ontvang nie.