China verdedig sy standpunt oor konflik in Oekraïne

China het sy standpunt oor die konflik in Oekraïne verdedig as een wat aan die regte kant van die geskiedenis is. Dit volg op ‘n waarskuwing deur Amerika dat Beijing se onwilligheid om sanksies teen Rusland in te stel, sy verhouding met ander ekonomieë kan raak. Beijing trap diplomaties fyn tussen steun vir sy nabye vennoot en die behoud van bande met die Weste deur openlike skendings van sanksies teen Rusland te vermy. ‘n Chinese woordvoerder van buitelandse sake hou vol die land se standpunt is objektief en onpartydig en sê Rusland se wettige sekerheidsvrese moet ook respekteer word.