Siamese tweeling van Limpopo sterf

Die een week-oue Siamese tweeling van Limpopo is vanoggend in die vroeë oggendure dood. Die LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, het die aankondiging gedoen en haar meegevoel teenoor die gemeenskap en die gesin uitgespreek. ‘n Vrou het ‘n week gelede by die Jane Furse-hospitaal in die Sekhukhune-distrik aan die tweeling geboorte gegee. Die 41-jarige ma was nie bewus dat sy ‘n Siamese tweeling verwag nie, totdat die babas deur middel van ‘n keisersnee gebore is.