Elon Musk wil die hele Twitter besit

Die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr Elon Musk wil die hele Twitter besit. Hy het aangebied om die maatskappy vir 600 miljard Namibiese dollar te koop, dae nadat hy ‘n plek op die sosiale media-maatskappy se raad van die hand gewys het. Musk het aan die voorsitter van Twitter, Bret Taylor, geskryf en gesê vandat hy daarin belê het, het hy besef die maatskappy sal in sy huidige vorm nie gedy nie. Hy wil Twitter in ‘n privaat maatskappy omskep. Hy voeg by hy sal sy posisie as aandeelhouer moet heroorweeg as sy aanbod nie aanvaar word nie.