SA het na Paasnaweek dalk weer beurtkrag

Suid-Afrika kan volgende week van Dinsdag af met nog beurtkrag te doen kry. Eskom se hoofbestuurder André de Ruyter het aan die media gesê die kragverskaffer het tans 6 042 megawatt wat aan beplande onderhoud onderwerp word, terwyl nog 14 471 megawatt se vermoë weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar is nie. De Ruyter sê die kragnetwerk is steeds broos en die risiko bly hoog.