Ramaphosa vra alle geloofgroepe om vir KwaZulu-Natal te bid

President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op alle geloofsgroepe om in gebed uit te reik en materiële hulp te verskaf aan gemeenskappe in KwaZulu-Natal wat geraak word deur die verwoestende oorstromings. Die president sê in ‘n verklaring die land word geseën deur die sameloop van Pase, die Moslem heilige maand Ramadan en die Joodse Pasga. Hy sê Pase is ‘n tyd van aanbidding, vir familie en om die wonderskone land te ontdek. Maar vir minderbevoorregtes en kwesbares kan dit ‘n tyd wees wanneer lyding en eensaamheid die oorhand kry.