Gebruik asb R30m-skenking onmiddellik – Motsepe
Terwyl swaar reën steeds oor dele van KwaZulu-Natal uitsak, het die sakereus Patrice Motsepe 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand geskenk om slagoffers van die oorstromings te help. Motsepe, koning Misuzulu ka Zwelithini en premier Sihle Zikalala het die Tshelimnyama-gebied besoek om die skade te bepaal. Hulle het ook by vloedslagoffers in ander dele van die provinsie […]
Tien beseer in Suid-Carolina skietvoorval
Daar was nog ‘n skietvoorval in die VSA. Volgens berigte is 12 mense beseer met tien wat skietwonde opgedoen het na ‘n voorval by ‘n inkopiesentrum in Columbia in Suid-Carolina. Die stad se polisiehoof William Holbrook, sê die skietery by die Columbiana-winkelsentrum was nie toevallig nie, maar het ontstaan na ‘n bakleiery tussen ‘n groep […]
Twee-Oseane: Gerda mik weer hoog
Die vrou wat bekend staan as die Koningin van die Pad, Gerda Steyn, het vandag na die Twee Oseane-ultramarathon teruggekeer. Sy wil nie net haar titel verdedig nie, maar doen dit hopelik die derde agtereenvolgende keer. Die organiseerders sê Frith van der Merwe se 1989-rekord van drie-uur, 30-minute en 36-sekondes staan steeds, maar word dalk […]
Oorskot van seun, 13, steeds soek
Die polisie in die Kavango Wes-streek is steeds op soek na die oorskot van ‘n 13-jarige seun wat vroeër die naweek by die Mupapama-nedersetting deur ‘n krokodil aangeval is. Daar word beweer dat die seun saam met sy broer en suster rivier toe gegaan het om te gaan bad. Die drie was na bewering in […]
Olieprys sal styg as Sjanghai Woensdag inperkings verslap
Daar word verwag dat die olieprys volgende week weer sal styg as owerhede in Sjanghai in China hul teiken behaal om inperkings in die stad te begin verslap. Internasionale nuusagentskappe berig dat owerhede meen hulle sal Covid-verspreiding buite kwarantyngebiede teen vandeesweek Woensdag onder beheer hê. Die stad van 26 miljoen mense gebruik 4 persent van […]
ANC-regering spreek nie klimaatverandering aan nie, sê vakbond
Die algemene nywerheidswerkersvakbond van Suid-Afrika, Giwusa, veroordeel die regering en koolstofbesoedelaars vir hul bydrae tot ‘n groter klimaatkrisis wat tot die dood van honderde mense in KwaZulu-Natal gelei het. Die vakbond sê miljarde se skade is aangerig weens klimaataanpassings wat eenvoudig nie in eThekwini en omliggende munisipaliteite aangebring is nie. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, […]
Blitsbokke terug op die wenpad
Die Springbok Sewes is terug op die wenpad in Kanada nadat hulle nie in verlede naweek se toernooi in Singapoer hond haaraf kon maak nie. Die Blitsbokke het die byeenkoms in Vancouver afgeskop met ‘n oorwinning van 31-12 oor Spanje in hulle eerste Groep C-wedstryd. Hulle het Kanada daarna met 19-14 geklop, voordat hulle ook […]
NV: Daar is geld gesteel maar ons smeer niks toe nie
Die herrie is los oor aantygings deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda, dat die Nasionale Vergadering korrupsie en diefstal goedkeur en toesmeer. Hy het so ‘n plasing op sy sosiale media platforms gemaak en die parlement vier dae gegee om te reageer. In ‘n verklaring laat gisteraand op sy sosiale media platforms, […]
Skip vol brandstof sink aan Tunisiese kus
Tunisiese owerhede is tans besig om pogings verskerp om ‘n omgewingsramp af te weer nadat ‘n handelsbrandstofskip wat duisende ton brandstof vervoer het, Vrydag aan die kus van Gabes gesink het. Die land se vloot het al sewe bemanningslede van die skip, wat van Ekwatoriaal-Guinee na Malta op pad was, reeds gered. Die oorsaak van […]
Kenner sê oor Putin se doelwit, beaam dat oorlog moontlik op 9 Mei eindig
Talle mense wonder oor presies wat President Vladimir Putin se doelwitte is met die oorlog in die Oekraïne. Volgens professor Nina Krushcheva, kleindogter van die voormalige Russiese leier Nikita Khrushchev en kenner van internasionale betrekkings, kan Putin moontlik poog om weer die Russiese ryk van ouds te laat herleef. In haar mening wil Putin onthou […]