Twee-Oseane: Gerda mik weer hoog

Die vrou wat bekend staan as die Koningin van die Pad, Gerda Steyn, het vandag na die Twee Oseane-ultramarathon teruggekeer. Sy wil nie net haar titel verdedig nie, maar doen dit hopelik die derde agtereenvolgende keer. Die organiseerders sê Frith van der Merwe se 1989-rekord van drie-uur, 30-minute en 36-sekondes staan steeds, maar word dalk nou bedreig. Die 32-jarige Steyn het met haar vorige eerste plek in 2019 dié rekord met net 49-sekondes misgeloop.