Tien beseer in Suid-Carolina skietvoorval

Daar was nog ‘n skietvoorval in die VSA. Volgens berigte is 12 mense beseer met tien wat skietwonde opgedoen het na ‘n voorval by ‘n inkopiesentrum in Columbia in Suid-Carolina. Die stad se polisiehoof William Holbrook, sê die skietery by die Columbiana-winkelsentrum was nie toevallig nie, maar het ontstaan na ‘n bakleiery tussen ‘n groep gewapende persone. Die voorval het Saterdagmiddag plaasgevind en die ondersoek duur voort.