Gebruik asb R30m-skenking onmiddellik – Motsepe

Terwyl swaar reën steeds oor dele van KwaZulu-Natal uitsak, het die sakereus Patrice Motsepe 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand geskenk om slagoffers van die oorstromings te help. Motsepe, koning Misuzulu ka Zwelithini en premier Sihle Zikalala het die Tshelimnyama-gebied besoek om die skade te bepaal. Hulle het ook by vloedslagoffers in ander dele van die provinsie aangedoen. Motsepe sê die geld sal dringend onder ontheemde families versprei word: