Skip vol brandstof sink aan Tunisiese kus

Tunisiese owerhede is tans besig om pogings verskerp om ‘n omgewingsramp af te weer nadat ‘n handelsbrandstofskip wat duisende ton brandstof vervoer het, Vrydag aan die kus van Gabes gesink het. Die land se vloot het al sewe bemanningslede van die skip, wat van Ekwatoriaal-Guinee na Malta op pad was, reeds gered. Die oorsaak van die voorval word beskryf as slegte weer. Water het in die vaartuig ingesypel. Die kus van Gabes ly reeds jare lank onder besoedeling met omgewingsorganisasies wat sê dat nywerheidsaanlegte in die gebied afval direk in die see stort.