Blitsbokke terug op die wenpad

Die Springbok Sewes is terug op die wenpad in Kanada nadat hulle nie in verlede naweek se toernooi in Singapoer hond haaraf kon maak nie. Die Blitsbokke het die byeenkoms in Vancouver afgeskop met ‘n oorwinning van 31-12 oor Spanje in hulle eerste Groep C-wedstryd. Hulle het Kanada daarna met 19-14 geklop, voordat hulle ook Australië met 22-19 die loef afgesteek het. Die Suid-Afrikaners kom vanaand in die kwarteindstryd teen Samoa te staan.