Inentings vir kinders onder 12: Ons volg ons eie beleid

Namibiese gesondheidsowerhede het nog nie ‘n beslissing gemaak oor inentings vir kinders onder die ouderdom van 12 van nie. In die buurland is die virtuele verhore oor die bespreking van die goedkeuring van entstof vir Suid-Afrikaanse kinders onder 12 tot 31 Mei uitgestel. Kritici meen dat Namibiese owerhede nog langer sal neem om te besluit […]

Read More

Wat sê ons luisteraars van maskers?

Die jongste Covid-maatreëls sal vanmiddag om drie-uur deur die vise-president Nangolo Mbumba aangekondig word. Daar is talle wat meen die verpligte dra van gesigmaskers is een van die maatreëls wat moet waai. Maar wat sê Kosmos 94.1 Nuus se luisteraars?

Read More

Ramaphosa beklemtoon belangrikheid van privaat sektor

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika kan nie ‘n dinamiese, mededingende, vinnig groeiende ekonomie bou sonder ‘n sterk en bevoegde ontwikkelingstaat én ‘n inklusiewe, vinnig groeiende privaat sektor nie. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief hy is bewus van die debat oor die onderskeie rolle van die staat en sakesektor om ekonomiese groei en werkskepping te […]

Read More

God’s Window se loopplank langer as Grand Canyon s’n

Die nuwe uitsig-loopplank wat volgende jaar by God’s Window in Mpumalanga oopgestel word, gaan sowat 12 meter ver oor die kranse van die Blyderivier-afgrond hang. Die provinsie se Toerisme- en Parke-agentskap sê dit gaan ‘n asemrowende uitsig bied oor die Laeveldse landskap 900 meter daaronder. Dit sal hoër wees as ‘n soortgelyke loopplank by die […]

Read More

Reaksie op olifant-verkope, klagte teen joernaliste

Reaksie word ontvang op die klagte van betreding wat teen vryskut-joernalis John Grobler gebring is. Volgens berigte het Grobler en ‘n kollega ‘n hommeltuig sonder toestemming oor Gerrie Odendaal se Omaheke-plaas gevlieg om oë op ‘n olifanttrop te kry. Namibië is bekend vir sy mediavryheid en die kwessie van die ondervraging en klagte van ‘n […]

Read More

Ten spyte van uitdagings, presteer NamWater steeds goed

NamWater het uitdagings met infrastruktuur. Die stelsel wat water vanaf Swakoppoort na Von Bach moet oorpomp is tans stukkend en die naweek, is skade aan die pyplyn van Okahandja na Windhoek herstel. NamWater ontvang geen fondse van die regering nie, en vra ook nie reddingsboeie aan nie, al word die maatskappy meer as ‘n miljard […]

Read More

Binnelandse sake: Alles by een plek

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake sê dit is makliker om goeie dienslewering te bied met die skuif na die nuwe hoofkantoor op Hosea Kutako-rylaan. Alle dienste word nou van een perseel aangebied. Sakeus Kadhikwa, skakelbeampte by die ministerie het meer.

Read More

Boete en/of tronkstraf in Bots as jy spuit weier

Landsburgers van Botswana wat terugkeer na die land toe en nie ingeënt wil word nie, kan ‘n boete van 6 500 Namibiese dollar en/of ‘n jaar tronkstraf ontvang. Volgens berigte is die buurland se regering bekommerd oor entstowwe wat in April verval. Die nuwe maatreël is reeds in die staatskoerant gepubliseer. Om toegang tot die […]

Read More

FIMA is op pad

Finansiële instansies, wat banke uitsluit, sal binnekort voortaan deur die Finansiële Instansies en Mark-wetgewing beheer word. Die nuwe wetsontwerp vervang die vorige regulasies wat die nie-bankwese sektor gereguleer het. Mediese fondse, versekeraars en meer, sal hierdeur gereguleer word. Die bestuurder vir kommunikasie by Old Mutual, Mufaro Nesongano, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Dankie tog vir afstandvisums

Die Stad Kaapstad sê hy het reeds navorsing gedoen oor wat wetlik vereis word vir moontlike visums vir afstandwerk en beginner-ondernemings. President Cyril Ramaphosa het verlede week tydens sy staatsrede gesê die regering sal nog aanpassings aan visumvereistes doen om die land meer toeganklik te maak. Raadslid James Vos sê die regering hoef net ‘n […]

Read More