Russiese oligarg kritiseer Putin vir ‘slagting’

‘n Russiese oligarg het sy land se regering kritiseer vir wat hy beskryf as die menseslagting in die buurland, Oekraïne. Oleg Tinkov is die stigter van die aanlyn bank Tinkoff en besit ook die fietryspan Tinkoff-Saxo. Hy skryf op Instagram hy kan nie enige voordele in die konflik sien nie. Daar word berig Tinkov is een van die mees vooraanstaande Russe wat President Vladimir Putin in die openbaar oor die oorlog veroordeel. Dit volg op oproepe deur nog twee oliegarge, Mikhail Fridman en Oleg Deripaska, vir die beëindiging van die konflik.