Inflasie sal verder toeneem die jaar

Ekonome verwag hooflyn-inflasie gaan in 2022 verder versnel. Plaaslik sê Simonis Storm dit sal op ‘n gemiddeld van 7,1 persent vir die jaar vertoon. In die buurland word dieselfde voorspellings gemaak. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika aangekondig het die jaarlikse verbruikersprys-aanwyser het in Maart tot 5,9 persent toegeneem. Die verhoging is in vergelyking met die 5,7 persent wat in Februarie aangeteken is. ‘n Ekonoom van FNB, Koketso Mano, glo inflasie gaan styg, veral in die tweede kwartaal: