Olie redelik stabiel maar, onbestendigheid op pad

Brent ru-olie is redelik stabiel op die oomblik en verhandel steeds rondom 107 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar was vroeër die week kommer oor onderbrekings in uitvoere in Libië, ‘n lid van Opul, wat sê die land verloor uitsette van meer as 550 000 vate per dag weens blokkades by uitvoerterminale. Intussen begin China ook stelselmatig inperkings lig. China is die grootste olieinvoerder ter wêreld. Ontleders sê onbestendigheid in die mark sal waarskynlik binnekort weer toeneem, met die Europese Unie wat steeds ‘n verbod op Russiese olie oorweeg. Opul sukkel ook om sy produksie teikens te haal met olievoorrade wat ook gedaal het as gevolg van die vrystelling van reserwes.