Ramaphosa se besoek aan Oos-Kaap uitgestel

President Cyril Ramaphosa se beplande besoek vandag aan die Oos-Kaap is uitgestel. Hy sou vloedskade in die Port St. Johns-omgewing bepaal. Die president se waarnemende woordvoerder, Tyrone Seale, sê die uitstel sal provinsiale owerhede in staat stel om voort te gaan om gemeenskappe se behoeftes vas te stel en inligting in te samel vir ‘n vergadering met Ramaphosa in die toekoms.