Durban-hawe weer op dreef

Durban-hawe, waar bedrywighede verlede week deur erge oorstromings in KwaZulu-Natal ontwrig is, is weer funksioneel en ‘n agterstand van duisende houers sal binne vyf tot ses dae opgeklaar word. Daar word berig dat die oorstromings erge skade aangerig het aan paaie wat na die Durbanse hawe lei, een van die besigste skeepsterminale in Afrika en ‘n belangrike spilpunt vir uitvoere soos metale en landboukommoditeite en invoere soos brandstof, maar, dat die uitdagings aangespreek word. Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan sê dat vragmotors nou toegang tot die haweterminale kan kry, wat teen tussen 60 en 100 perent van kapasiteit werk, en dat daar geen risiko van brandstoftekorte bestaan ​​nie omdat Transnet se pyplyn in werking is.