SA se hoenderpryse: Arm huishoudings kry weer die swaarste

Die voorgestelde verhoging in die prys van hoender in Suid-Afrika gaan verbruikers wat reeds finansieel sukkel, swaar tref en die regering behoort dadelik in te gryp. Dit is die mening van die Suid-Afrikaanse Alliansie vir Informele Handelaars wat meer as 2 miljoen informele- en mikro-besighede regoor die land verteenwoordig. Hulle vra die buurland se regering moet tariefbelasting en BTW op hoenderprodukte afskaf om sodoende verligting te bring aan verbruikers en veral lae-inkomstehuishoudings. Die aliansie se Thusi Jackals sê verbruikers kry reeds swaar nadat die brandstofprys, die prys van krag en kospryse die hoogte ingeskiet het: