Duitsland skenk N$650m vir beroepsopleiding

Die Duitse en Namibiese regerings sal môre ooreenkomste, waarvan die bepalings in 2021 ooreengekom is, onderteken. Luidens ‘n verklaring van die Duitse ambassade dek die ooreenomste agt programme ter waarde van 650 miljoen Namibiese dollar wat finansiering van projekte oor toegang tot tegniese en beroepsonderwys, bevordering van klei-n en mediumgrootte ondernemings, en die vestiging van ‘n volhoubare van finansieringsmeganismes vir Namibië se beskermde gebiede, onder andere, insluit. Die direkteur-general van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze en die Duitse ambassadeur Herbert Beck, sal môre die ooreenkomste beklink.