Robyne kan Mosambiek geweld vererger

Die stryd teen Islamitiese ekstremiste in Mosambiek kan nog ‘n nare wending neem as robyne die spilpunt van konflik word. Die standpunt is vervat in ‘n verslag van die Sentrum vir Demokrasie en Ontwikkeling wat meen dat onwettige mynbou toeneem in die land. Cabo Delgado is reeds ‘n brandpunt van konflik as gevolg van olie en gas onder beheer van TotalEnergies, ‘n Franse firma. Jeug in die gebied word volgens kenners geradikaliseer weens ‘n gebrek aan ekonomiese opsies. Onwettige goudprospektering duur ook voort. Mosambiek is ook bekend vir sy twee tipes robyne – Maninge Nice en Mugloto wat nou ‘n teiken onder jongmense word.