NamWater wag steeds vir toerusting om oordragstelsel te herstel
Die stukkende oordragstelsel tussen die Swakoppoort- en Von Bachdam begin nou kommer wek by NamWater. Die stelsel is al vir ‘n geruime tyd stukkend en volgens die watervoorsiener se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia wag hulle nog steeds vir die nodige onderdele. Daar is wêreldwyd ontwrigtings in die verband maar Nehemia sê alles word gedoen om […]
Olie redelik stabiel maar, onbestendigheid op pad
Brent ru-olie is redelik stabiel op die oomblik en verhandel steeds rondom 107 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar was vroeër die week kommer oor onderbrekings in uitvoere in Libië, ‘n lid van Opul, wat sê die land verloor uitsette van meer as 550 000 vate per dag weens blokkades by uitvoerterminale. Intussen begin China ook […]
Inflasie sal verder toeneem die jaar
Ekonome verwag hooflyn-inflasie gaan in 2022 verder versnel. Plaaslik sê Simonis Storm dit sal op ‘n gemiddeld van 7,1 persent vir die jaar vertoon. In die buurland word dieselfde voorspellings gemaak. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika aangekondig het die jaarlikse verbruikersprys-aanwyser het in Maart tot 5,9 persent toegeneem. Die verhoging is in vergelyking met die […]
Ramaphosa se besoek aan Oos-Kaap uitgestel
President Cyril Ramaphosa se beplande besoek vandag aan die Oos-Kaap is uitgestel. Hy sou vloedskade in die Port St. Johns-omgewing bepaal. Die president se waarnemende woordvoerder, Tyrone Seale, sê die uitstel sal provinsiale owerhede in staat stel om voort te gaan om gemeenskappe se behoeftes vas te stel en inligting in te samel vir ‘n […]
Nog geen datum vir Swapo-verkiesingskongres nie
Terwyl die Swapo-party se verkiesingkongres vanjaar reeds in die nuus is, is dit steeds nie bekend wanneer dit sal plaasvind nie. Die party-president word, oudergewoonte vir Namibië die land se president so alle oë is op die party vanjaar omdat Geingob se twee termyne as landspresident in die volgende verkiesing tot ‘n einde kom. Swapo […]
SA se hoenderpryse: Arm huishoudings kry weer die swaarste
Die voorgestelde verhoging in die prys van hoender in Suid-Afrika gaan verbruikers wat reeds finansieel sukkel, swaar tref en die regering behoort dadelik in te gryp. Dit is die mening van die Suid-Afrikaanse Alliansie vir Informele Handelaars wat meer as 2 miljoen informele- en mikro-besighede regoor die land verteenwoordig. Hulle vra die buurland se regering […]
Robyne kan Mosambiek geweld vererger
Die stryd teen Islamitiese ekstremiste in Mosambiek kan nog ‘n nare wending neem as robyne die spilpunt van konflik word. Die standpunt is vervat in ‘n verslag van die Sentrum vir Demokrasie en Ontwikkeling wat meen dat onwettige mynbou toeneem in die land. Cabo Delgado is reeds ‘n brandpunt van konflik as gevolg van olie […]
Russiese oligarg kritiseer Putin vir ‘slagting’
‘n Russiese oligarg het sy land se regering kritiseer vir wat hy beskryf as die menseslagting in die buurland, Oekraïne. Oleg Tinkov is die stigter van die aanlyn bank Tinkoff en besit ook die fietryspan Tinkoff-Saxo. Hy skryf op Instagram hy kan nie enige voordele in die konflik sien nie. Daar word berig Tinkov is […]
Bank Windhoek waarsku oor nuwe skuld
Bank Windhoek het verbruikers gewaarsku dat rentekoerse verder verhoog sal word. Die repokoers het ‘n direkte impak op inflasie en hoe hoër die koers, hoe laer is inflasie. Bank Windhoek se hoof tesourier Claire Hobbs, waarsku verbruikers om versigtig te wees met enige skuld wat hulle aangaan.
Duitsland skenk N$650m vir beroepsopleiding
Die Duitse en Namibiese regerings sal môre ooreenkomste, waarvan die bepalings in 2021 ooreengekom is, onderteken. Luidens ‘n verklaring van die Duitse ambassade dek die ooreenomste agt programme ter waarde van 650 miljoen Namibiese dollar wat finansiering van projekte oor toegang tot tegniese en beroepsonderwys, bevordering van klei-n en mediumgrootte ondernemings, en die vestiging van […]